Jeugveiligheid
Om te leer hoe om digitale ruimtes veilig te navigeer is noodsaaklik vir die beskerming van jou welstand en emosionele gesondheid. Hier is veiligheidswenke en hulpbronne om aan die gang te kom.
Oorsig
Alhoewel jou ouers en onderwysers aanbevelings sal maak oor watter toepassings of webwerwe jy gebruik, is dit op die ou end jy wat in beheer is van jou aanlyn ervaring. Kry advies en nutsgoed wat jou kan help om jou tyd te balanseer en verseker dat jy verbindings prioritiseer wat jou goed laat voel en soek hulp wanneer nodig of help ander.
Weet hoe om afknouery te hanteer.
Afknouery kan intimiderend wees en mens bang maak. Dis handig om hulpbronne byderhand te hê wanneer jy afknouery teë kom. Vind uit hoe om situasies te hanteer waar jy ’n getuie is tot afknouery, jy self geteiken voel of as jy beskuldig word van afknouery.
Vind uit wat om te doen as intieme prente sonder jou toestemming gedeel word.
Die deling van intieme prente sonder toestemming, of dreigemente om die prente te deel, is teen Meta se beleide. Vind uit watter stappe jy kan neem om die prente te verwyder, om te voorkom dat dit gedeel of herdeel word, en hoe om ondersteuningsdienste te kry.
Seksuele uitbuiting is die dreigement om intieme prente te onthul ten einde jou sover te kry om iets te doen wat jy nie wil nie.
Die Stop Seksuele Uitbuiting-sentrum, wat ontwikkel is in vennootskap met Thorn, bied hulpbronne vir diegene wat gedreig word met seksuele uitbuiting.
Stop selfdooduitdagings.
Selfdooduitdagings is gevaarlik en oortree ons beleide. As jy sien iemand maak plasings of raak betrokke by ’n selfdooduitdaging, kan jy dit direk in die toepassing rapporteer. As dit ’n vriend is wat die plasing gemaak het, kan jy hulle nader of met ’n betroubare volwasse daaroor praat wat hulle kan help.
Verstaan jou privaatheid.
Ons wil hê jy moet aanlyn privaatheid verstaan en watter instellings en nutsgoed beskikbaar is om te help om jou veilig te hou. Vind uit wie kan sien wat jy deel, hoe advertensies anders is vir tieners, en die belangrike punte van ons Privaatheidsbeleid en nutsgoed wat jou ouer of voog kan gebruik om jou aanlyn veiligheid te ondersteun.
Skep positiewe verandering.
Wat jy plaas, deel of aanlyn onderskryf het die potensiaal om positiewe verandering te begin of voort te sit. Raak Digitaal is ontwerp om jou te help om die digitale vaardighede te ontwikkel om tegnologie te kan gebruik en skep tot algemene voordeel. Jy sal wenke kry oor hoe om veilig te bly, herstelvermoë te ontwikkel, ondersteunende gemeenskappe te vind en te lei en om vir jouself en jou gemeenskap geleenthede te skep.