Veiligheidsnutsgoed en -beleide
Veiligheid is ’n gesprek en ’n verantwoordelikheid wat ons almal deel. Leer ken hoe Meta veiligheid benader en kom meer te wete oor die nutsgoed en hulpbronne wat vir jou beskikbaar is.
Beskerming van kinders aanlyn
Kom meer te wete oor Meta se omvattende benadering tot kinderveiligheid regoor al ons tegnologieë, insluitende ons pogings om die aanlyn uitbuiting van kinders te beveg.
Geestesgesondheid en -welstand
Aanlyn welstand het al hoe meer belangrik geword vir algemene welstand. Kom meer te wete oor nutsgoed en hulpbronne wat digitale welstand ondersteun vir jouself, jou familie en ander in jou gemeenskap.
Afknouery en teistering
Meta neem verslae oor afknouery en teistering ernstig op. Kom meer te wete oor nutsgoed en hulpbronne wat deur kundiges gerugsteun word oor die voorkoming van afknouery en misbruik van intieme prente.
Digitale geletterdheid
Meta het digitalegeletterdheidhulpbronne wat leerders help om die vaardighede en kennis te kry wat hulle nodig het om in die digitale wêreld te floreer. Kom meer te wete oor streeksaangepaste hulpbronne vir jongmense, ouers en opvoeders.
Misbruik van intieme beelde en seksuele uitbuiting
Meta verbied die deel van niekonsensuele intieme beelde (NKIB) ten strengste. Hierdie bladsy verduidelik hoe om onmiddellik op te tree as iemand jou geviktimiseer het deur jou persoonlike beelde te deel – of as iemand dreig om dit te doen.
Medikasie- en dwelmisbruik
Hierdie hulpbronne is vir diegene wat hulp en inligting soek oor die voorkoming van middelgebruik en herstel daarvan, en word in samewerking met die Partnership to End Addiction en Song for Charlie geskep.

Veiligheid vir vroue

By Meta glo ons vroue verdien gelyke toegang tot die ekonomiese, opvoedkundige en sosiale geleenthede wat die internet bied. Ons verstaan dat jy veilig moet voel om ’n betekenisvolle bydrae te kan lewer in ’n gemeenskap. Kom meer te wete oor nutsgoed waarmee jy met vertroue met jou familie, vriende en belangrike sake kan verbind.

Ons benadering

Meta moet ’n plek wees waar vroue veilig voel. Ons benadering van vyf pilare werk om mishandeling uit ons platforms te hou.

Iets het fout gegaan
Ons sukkel om hierdie video te speel.

Beleide

Ons Gemeenskapstandaarde verduidelik deeglik watter inhoud op ons platforms toegelaat word. Hierdie riglyne laat gebruikers toe om hulself uit te druk, en terselfdertyd ’n verwelkomende en veilige omgewing te skep.

Nutsmiddels

Met ons kenmerke en nutsgoed kan jy jouself beskerm teen ongewenste inhoud en kontak. Jy kan toegang tot jou Facebook-profiel beperk of direkte boodskappe op Instagram filtreer vir inhoud wat moontlik aanstootlik is. Jy kan altyd oortredings direk aan ons spanne rapporteer.

Hulp

Ons bied 24/7-toegang tot hulpbronne wat ontwerp is met veiligheid vir vroue in gedagte. Die Facebook-hulpsentrum bied stap-vir-stap riglyne om jouself te beskerm teen bedreigende of onveilige inhoud.


Vennootskap

Ons beleide, nutsgoed en hulpbronne is gebou onder leiding van sekuriteitskundiges, akademici, NRO’s, menseregte-aktiviste en beleidmakers wat in ons groep kundige raadgewers oor vrouveiligheid dien.


Terugvoer

Dit is ’n gedeelde gemeenskap en jou ervarings maak saak. Ons win insette van jou af in om ons beleide, nutsgoed en hulpbronne te ontwikkel wat vroue se veiligheid aanlyn bevorder.

Verwante bladsye

Oorkommers van mishandeling

Vrouejoernaliste en -aktiviste

Vroueleiers

Oorkommers van mishandeling

By Meta wil ons oorkommers van mishandeling help om in verbinding te bly met vriende en familie of om weer te verbind met geliefdes nadat hulle geïsoleer is deur ’n voormalige maat wat hulle mishandel het. Met ons nutsgoed kan jy jou aanlyn ervaring beheer.

Lees meer

Vrouejoernaliste en -aktiviste

Joernaliste en aktiviste gebruik Meta om te verbind met mense en stories te deel. Omdat vroue voor ’n hoër risiko van gendergebaseerde geweld te staan kom, het ons stappe gedoen op Meta om veilige interaksies aan te moedig wanneer vrouejoernaliste en -aktiviste hul belangrike werk doen.

Lees meer

Vroueleiers

Vroue is ’n integrale deel van elke florerende gemeenskap. Of jy jou verkiesbaar stel vir ’n amp, ’n glanspersoon is of in ’n belangrike leierskapposisie, ons is daartoe verbind om vroue te help om hul aanlyn teenwoordigheid uit te brei met veiligheid.

Lees meer

Vroueveiligheidsvennote

In samewerking met Meta se kundige raadgewers oor vroueveiligheid het ons beleide, hulpbronne en nutsgoed ontwikkel om vroue te beskerm teen aanlyn mishandeling en om hulle te bemagtig om hul aanlyn ervaring te beheer.

Ons verbintenis tot vroueveiligheid kom al ’n lang pad. Oor die jare het ons die hulp van kundiges in die veld geraadpleeg om te verseker ons platforms is veilig vir vroue en ons het die volgende gedoen:

  • Sterk beleide ontwikkel om vroue te beskerm teen aanlyn mishandeling
  • Nutsgoed gebou om gebruikers te bemagtig met beheer oor hulle aanlyn ervaring.
  • Tegnologie ontplooi om die deel van niekonsensuele intieme prente te beveg.
  • Die vrfoueveiligheidsentrum geskep as ’n sentrale ligging vir ons aanlyn veiligheidshulpbronne.

Ons het ’n spesifieke groep raadgewers saamgestel ná samewerking met meer as 400 wêreldwye vroueveiligheidorganisasies. Hierdie kenners geniet hoë erkenning in hul velde en het bydraes gemaak om die veiligheid van vroue sowel aanlyn as vanlyn te bevorder. Die groep neem deel aan ons kwartaallikse vergaderings wat gewy word aan die bevordering van vroueveiligheid aanlyn.

Kennerraadgewers oor vroueveiligheid wêreldwyd

Ons huidige groep wêreldwye raadgewers sluit in:

  • Bishakha Datta, Point of View (Indië)
  • Enrica Duncan, NOSSAS/Mapa do Acolhimento (Brasilië)
  • Asher Flynn, Monash Universiteit (Australië)
  • Audace Garnett, National network to end domestic violence (VSA)
  • Caitríona Gleeson, Women for election (Ierland)
  • Margarita Guillé Tamayo, Interamerican Network of Women Shelters (Meksiko)
  • Neema Iyer, Pollicy (Uganda)
  • Dr. Ji-yeon Lee, Hankuk Universiteit van Buitelandse Studies (Suid-Korea)
  • Kalliopi Mingeirou, UN Women (wêreldwyd)
  • Lisa Moore, The Women's Foundation (Hongkong)
  • Tunggal Pawestri, Yayasan Hivos (Indonesië)
  • Mariane Dorothy Rosario, Jeugaktivis (Filippyne)
  • Jyoti Vadehra, Centre for Social Research (Indië)
  • Stephanie Willman Bordat, MRA mobilising for rights associates (Marokko)

Verwante hulpbronne